NewsNews

Honderde hektaars in brande verwoes

Na  raming is meer as 600ha weiding verlede Dinsdag in ’n  verwoestende veldbrand in die Parys-distrik vernietig. Die brand het na 13:00 vermoedelik in die omgewing van Goedehoop begin en is die vlamme deur ’n  sterk westewind in ’n  oostelike rigting gedruk oor die N1.  Talle vrywilligers van onder meer die Vaal Eden Brandvereniging, Potchefstroom …

Na  raming is meer as 600ha weiding verlede Dinsdag in ’n  verwoestende veldbrand in die Parys-distrik vernietig. Die brand het na 13:00 vermoedelik in die omgewing van Goedehoop begin en is die vlamme deur ’n  sterk westewind in ’n  oostelike rigting gedruk oor die N1.  Talle vrywilligers van onder meer die Vaal Eden Brandvereniging, Potchefstroom Brandvereniging se Roepgroep 7, We Care en Landelike Gemeenskap Veiligheid (LGV) het dadelik gereageer, met lugsteun deur Aden Parker.
’n  Gesamentlike Operasionele Sentrum (GOS) is opgestel deur LGV, die polisie en lede van provinsiale verkeer. Eers teen 20:00 die aand is van die toneel onttrek nadat daarin geslaag kon word om voorbrande te maak en is die brand by die plaas Alletta gestop
Wynn Dedwith van WynnWith Milk Farm is een van die boere in die distrik wat groot skade gelei het. Hy het aan Gazette vertel dat die melkplaas nagenoeg 200 ton voer verloor het. Die bedekking van die kuilvoer het ook uitgebrand en daar is skade aan van die implemente. Hy self was in Johannesburg vir ’n  begrafnis toe die tyding van die brand op twee van hul plase, Rockridge en Witfontein, deurgekom het. Hy is ongelooflik dankbaar dat sy twee kleinkinders van 1 en 2 jaar onderskeidelik wat op die plaas Witfontein  was, betyds na veiligheid gebring kon word.
Volgens Kobus Roux, voorsitter van die Potchefstroom Brandvereniging (BBV) het 10 veldbrande oor die laaste twee weke in die Potchefstroom-distrik ongeveer R20 miljoen se skade aangerig toe sowat 16 000 hektaar verwoes is. Die brandweer, Working on Fire en BBV het op 16 Augustus hul hande vol gehad met vyf brande wat in die gebied in en om Potchefstroom gewoed het.
Volgens Roux het die brande naby die Ventersdorppad, Carletonvillepad, Viljoenskroonpad asook Lindequesdrift voorgekom. Dinsdag 22 Augustus het die brande weer opgevlam naby Potchefstroom, Fochville en Carletonville.
Volgens Malcolm Proctor, adjunkdirekteur gelas met  bos- en veldbrande by departement Waterwese en Bosbou, het daar tot dusver reeds vanjaar 100 000 ha in die Vrystaat afgebrand. Verlede jaar is 20 000 ha  in brande verloor,  en die 2 jare daarvoor 140 000 en 472 000 ha onderskeidelik. In  van die gevalle word brandstigting vermoed en is mense gesien veld aan die brand steek.

Related Articles

Back to top button