NewsNews

Fetus in koerantpapier toegedraai en weggegooi

‘n Fetus, toegedraai in koerantpapier, is op 26 Augustus in Kempton Park in ‘n asblik gevind. Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24 het paramedici net na 11:00 by die toneel in Margaretlaan gekom en die fetus langs die asblik gevind. ‘n Skoonmaker het op die fetus afgekom terwyl sy besig was om die asblik leeg …

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24 het paramedici net na 11:00 by die toneel in Margaretlaan gekom en die fetus langs die asblik gevind.

‘n Skoonmaker het op die fetus afgekom terwyl sy besig was om die asblik leeg te maak.

Paramedici kon niks vir die vroulike fetus doen nie. Die fetus was na raming sowat sewe maande ontwikkel.

Die voorval word ondersoek.

  • Op 23 Augusuts is ‘n pasgebore babadogtertjie in Vanderbijlpark  in ‘n swart sak voor ‘n huis gekry. Die dogtertjie is na die Intensiewe Sorgeenheid van die Sebokeng-hospitaal oorgeplaas.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button