NewsNews

Twee polisiemanne glo deel van roofsindikaat

Twee polisiebeamptes van Potchefstroom word daarvan verdink dat hulle deel is van ’n roofsindikaat in die area. Hulle is onlangs deur ’n spesiale taakmag van die polisie in hegtenis geneem op klagtes van gewapende roof en huisroof. Adj.off. Elias Molebatsi (48) van die Potchefstroom polisiestasie is Donderdag 17 Augustus omstreeks 04:00 by sy huis in …

Adj.off. Elias Molebatsi (48) van die Potchefstroom polisiestasie is Donderdag 17 Augustus omstreeks 04:00 by sy huis in hegtenis geneem. Hy het Maandag 21 Augustus in die hof in Ventersdorp verskyn. Die saak is uitgestel na vandag, Maandag 28 Augustus sodat sy borgaansoek voortgesit kan word. ’n Tweede polisiebeampte van die Ikageng polisiestasie is Dinsdagaand in hegtenis geneem, ook op klagtes van gewapende roof en huisroof. Die konstabel, wat nog nie identifiseer mag word nie, aangesien hy nog nie in die hof verskyn het nie, het glo Durban toe gevlug, maar is met sy terugkeer in Klerksdorp vasgetrek.
Die Herald het verlede jaar ook berig oor ’n kst. Pule Maboke (37) wat in hegtenis geneem is op aanklag van huisroof en poging tot moord nadat hy en drie medebeskuldigdes in April glo betrokke was by ’n huisroof in Ikageng. Die eienaar is gewond en R225 000 is gesteel in die voorval.
Hy is ook verlede jaar aangekla van sameswering tot moord nadat hy glo sy medebeskuldigdes in die polisieselle besoek het waar hulle na bewering gekonkel het om die ondersoekbeampte te laat vermoor.
Maboke het nie borg gekry nie en is saam met David Mbata, Paulo Moferefere en Steven Lebepe steeds in aanhouding. Hulle saak kom weer op 8 September voor. Maboke, Molebatsi en die konstabel van Ikageng word daarvan verdink dat hulle almal deel is van ’n roofsindikaat wat in Ventersdorp, Klerksdorp, Potchefstroom en Viljoenskroon bedrywig is. Kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder, het die arrestasies bevestig. Sy het ook bevestig dat die sake almal verband hou met mekaar.
Die provinsiale kommissaris, lt. gen. Baile Motswenyane, het aangedui dat misdadigers binne die polisie geduld sal word nie.

CSS, Crime ad

  AUTHOR

Dustin Wetdewich
Journalist

Latest News

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button