NewsNews
16 Beseer in ongeluk buite VDBP
16 Mense, insluitend kinders, is vanoggend tydens ‘n ongeluk tussen ‘n bakkie en ‘n taxi naby Vanderbijlpark, beseer. Volgens Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, het paramedici net voor 08:00 by die toneel aangekom. Provinsiale dienste was toe reeds op die toneel. Die bakkie was in die middel van die pad geparkeer, terwyl die taxi aan …
Volgens Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, het paramedici net voor 08:00 by die toneel aangekom. Provinsiale dienste was toe reeds op die toneel.
Die bakkie was in die middel van die pad geparkeer, terwyl die taxi aan die kant van die pad tot stilstand gekom het.
Meiring sê meeste van die insittendes was kinders wat op pad was skool toe.
Pasiënte is op toneel vir hul beserings behandel, waarna hulle na verskeie provinsiale hospitale vir verdere behandeling geneem is.
Die voorval word ondersoek.
You can read the full story on our App. Download it here.