NewsNews

Belastingombud-klagtes toon aan dat die SAID nie meer vertrou word nie, sê VF Plus

ʼn Parlementêre vraag van die VF Plus oor klagtes wat oor die belastinggaarder (SAID) ontvang is sedert die belastingombud tot stand gekom het, dui daarop dat als nie wel in die SAID is nie en dat dié diens al hoe minder vertrou kan word om dispute met belastingbetalers self te hanteer.   Adv. Anton Alberts, …

ʼn Parlementêre vraag van die VF Plus oor klagtes wat oor die belastinggaarder (SAID) ontvang is sedert die belastingombud tot stand gekom het, dui daarop dat als nie wel in die SAID is nie en dat dié diens al hoe minder vertrou kan word om dispute met belastingbetalers self te hanteer.

 

Adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor finansies, het aan die minister van finansies gevra hoeveel klagtes rakende die SAID by die ombud ingedien is sedert sy aanstelling in Oktober 2013.

 

Uit die antwoord blyk dit dat daar ʼn ingrypende toename in klagtes is. In die finansiële jaar 2013/14 is 156 klagtes ingedien, in 2014/15 – 1,270,  in 2015/16 – 2,133, en in 2016/17 – 3,188.

 

Adv. Alberts sê die toename in dispute wat die belastingombud hanteer groei ontstellend vinnig en dui op ʼn groeiende tendens van wantroue in die SAID.

 

“Die wantroue gaan vorentoe net toeneem soos belastingbetalers besef dat die SAID die stelsel geword het waardeur die Guptas en ANC gevoed word ten koste van Suid-Afrika en sy mense,” sê adv. Alberts.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button