NewsNews

Drie liggame in dieselfde gebied oor twee dae gevind

‘n Grootskaalse ondersoek is van stapel gestuur na die moordenaars van drie mense wie se liggame oor twee verskillende dae in Welkom in die Vrystaat, gevind is. Luidens Maroela Media, het kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, gesê die eerste liggaam, die van ‘n man,  is op 16 Augustus by die St. Helena-myn gevind. Hy …

Luidens Maroela Media, het kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, gesê die eerste liggaam, die van ‘n man,  is op 16 Augustus by die St. Helena-myn gevind. Hy het vyf steekwonde aan die linkerkant van sy bors gehad.

‘n Tweede liggaam is later die dag in ‘n slykdam by dieselfde myn gevind. Sy hande was vasgemaak en hy is twee keer in die kop geskiet.

Die derde slagoffer se liggaam is die volgende dag ook op die St. Helena-mynperseel gevind. Hy het skietwonde onder sy regteroor gehad en ‘n skietwond in sy ribbekas aan die regterkant.

 

Daar is nog nie bevestig dat die liggame op die terrein gestort is nie, maar die moontlikheid dat die liggame verplaas is, kan nie uitgesluit word nie.

Daar was geen bloedvlekke waar die liggame gevind is nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button