NewsNews

Twee lyke nou positief uitgeken

VEREENIGING. – Die identiteit van die twee erg verkoolde lyke wat op 13 Julie deur ‘n verbyganger by Spider Valley ontdek is, is op 21 Augustus amptelik deur die polisie bevestig as dié van die vermiste Swart-egpaar van Risiville. VEREENIGING. – Die identiteit van die twee erg verkoolde lyke wat op 13 Julie deur ‘n …

VEREENIGING. – Die identiteit van die twee erg verkoolde lyke wat op 13 Julie deur ‘n verbyganger by Spider Valley ontdek is, is op 21 Augustus amptelik deur die polisie bevestig as dié van die vermiste Swart-egpaar van Risiville.
Willem (61) en Isa Swart (65) van Henrystraat in Risiville, het Woensdag 12 Julie, na ‘n week se vakansie in Nelspruit, tuis aangekom en dieselfde dag verdwyn. Die verkoolde lyke en die egpaar se verdwyning kon weens die DNS-uitslae nog nie amptelik bevestig word nie alhoewel die familie reeds ’n gedenkdiens gehou het.
Volgens inligting is niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek nog die saak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button