NewsNews

Twee lyke nou positief uitgeken

VEREENIGING. – Die identiteit van die twee erg verkoolde lyke wat op 13 Julie deur ‘n verbyganger by Spider Valley ontdek is, is op 21 Augustus amptelik deur die polisie bevestig as dié van die vermiste Swart-egpaar van Risiville. VEREENIGING. – Die identiteit van die twee erg verkoolde lyke wat op 13 Julie deur ‘n …

VEREENIGING. – Die identiteit van die twee erg verkoolde lyke wat op 13 Julie deur ‘n verbyganger by Spider Valley ontdek is, is op 21 Augustus amptelik deur die polisie bevestig as dié van die vermiste Swart-egpaar van Risiville.
Willem (61) en Isa Swart (65) van Henrystraat in Risiville, het Woensdag 12 Julie, na ‘n week se vakansie in Nelspruit, tuis aangekom en dieselfde dag verdwyn. Die verkoolde lyke en die egpaar se verdwyning kon weens die DNS-uitslae nog nie amptelik bevestig word nie alhoewel die familie reeds ’n gedenkdiens gehou het.
Volgens inligting is niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek nog die saak.

Related Articles

Back to top button