NewsNews

Voertuig en bankkaartdiefstal wek steeds groot kommer

Voertuigdiefstal, diefstal uit voertuie, en die diefstal van bankkaarte is steeds ’n  groot probleem in Parys. Motors wat gesteel word is egter nie motors wat in motorhuise agter ’n  geslote deur geparkeer is nie, maar meestal dié motors wat in die straat of op die oprit geparkeer word. Daarom word mense baie ernstig gevra dat …

Voertuigdiefstal, diefstal uit voertuie, en die diefstal van bankkaarte is steeds ’n  groot probleem in Parys. Motors wat gesteel word is egter nie motors wat in motorhuise agter ’n  geslote deur geparkeer is nie, maar meestal dié motors wat in die straat of op die oprit geparkeer word.
Daarom word mense baie ernstig gevra dat as jy ’n  motorhuis het waar jy jou voertuig veilig kan parkeer, doen dit te alle tye wanneer jy nie die voertuig gebruik nie.
Sluit jou deur en maak toe jou vensters van jou voertuig – selfs al dink jy jy gaan net vir ’n  baie kort tydjie weg van jou voertuig wees.
Moet nooit waardevolle items in jou motor laat nie. Dit is ’n  versoeking om by jou motor in te breek. Dink ook aan GPS-toestelle, brille en selfs gereedskap.
Maak seker jy los nie jou identiteitsdokument, bankstate of enige ander persoonlike inligting in jou motor nie.
Moet nooit ooit jou sleutels in jou motor los nie.
Parkeer saans in goed verligte gebiede en maak gebruik van alle moontlike sekuriteitstelsels tot jou beskikking.
As jy jou motor buite moet parkeer, maak dan minstens seker daar is genoegsame lig wat sal aktiveer met beweging buite jou huis.
Wanneer jy ’n  OTM gebruik, moet nooit toelaat dat iemand jou aandag aftrek of jou help met jou transaksie nie.
Moenie jou pinnommer by jou dra nie.
As jy die enigste persoon in die OTM-ry is, gaan dan eerder later terug as daar meer mense is. As daar enigiets verdags by die OTM is, kanselleer onmiddellik die transaksie en stel jou bank in kennis.

Related Articles

Back to top button