NewsNews

Brand breek uit by bekende maatskappy in Meyerton

MEYERTON. – Werknemers van Vaal Sanitaryware in Morrisstraat het vanoggend ‘n skok gekry toe hulle by die werk opdaag en uitvind ‘n brand het in die vroeë oggendure by die maatskappy uitgebreek. ‘n Brand het by Vaal Sanitaryware in Meyerton uitgebreek. Volgens John Westermeyer, hoof bemarkingsbeampte van Grohe Dawn Watertech Holdings (Pty) Ltd, het die …

‘n Brand het by Vaal Sanitaryware in Meyerton uitgebreek.

Volgens John Westermeyer, hoof bemarkingsbeampte van Grohe Dawn Watertech Holdings (Pty) Ltd, het die brand om 01:00 by die pakhuis waar voorraad gestoor word, uitgebreek.

Sekuriteitsbeamptes wat aan diens was het die bestuur verwittig en Midvaal Brandweer is na die toneel ontbied.

Die brandweer het lank gespook om die brand onder beheer te kry. Die brand is grootliks geblus, maar smeul nog en veroorsaak rook.

Niemand het beserings in die voorval opgedoen nie en ‘n ondersoek is van stapel gestuur om die oorsaak van die brand vas te stel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button