NewsNews

NWU navorsers ontdek nuwe paddaspesies

Navorsers van die Noordwes-Universiteit (NWU) se dierkunde fakulteit het in Januarie vanjaar twee nuwe paddaspesies in die Noordelike deel van KwaZulu-Natal ontdek. Prof. Louis du Preez, ’n  professor aan die  Fakulteit Dierkunde aan die NWU se Potchefstroomkampus, was bevoorreg genoeg om die eerste persoon te wees wat hierdie paddas se unieke roep kon hoor, na …

Prof. Louis du Preez, ’n  professor aan die  Fakulteit Dierkunde aan die NWU se Potchefstroomkampus, was bevoorreg genoeg om die eerste persoon te wees wat hierdie paddas se unieke roep kon hoor, na ’n nag van baie swaar reën.

Beide die paddas is deel van die Breviceps (reënpaddas) familie en prof. Du Preez het die belangrike taak gehad om hierdie onbekende spesies deel te maak van die lys paddas in Suid-Afrika, deur aan hulle name te gee.

Die klein reënpadda wat in Hluhluwe ontdek is, die Breviceps carruthersi, is vernoem na die bekende amfibiese navorser Vincent Carruthers, wat die mede-outeur is van die boek ‘A complete Guide to the Frogs of Southern Africa’. Die tweede padda wat ontdek is, is vernoem na nog ’n bekende naam onder Suid-Afrika se padda-kenners, Neville Passmore. Dié padda staan nou bekend as Breviceps passmorei.

Prof. Du Preez sê toe hy die eerste padda se roep gehoor het, kon hy dadelik hoor dit is anders as enige padda wat nog in Suid-Afrika ontdek is. Die twee nuwe paddas het baie ooreenstemmende kenmerke, maar die een is kleiner.

Hy is opgewonde oor die ontdekking, aangesien paddas tans die mees bedreigde spesie is. “Paddas is baie sensitief en afhanklik van hul natuurlike habitatte. Daar is paddas op Tafelberg wat nêrens anders in die wêreld voorkom nie,” sê hy.

Hy sê dat die grootste oorsaak van die bedreiging van paddas is weens habitat-vernietiging. “Baie paddaspesies kan net in een omgewing voorkom. As daardie omgewing vernietig word, sal daardie spesies uitsterf.”

Prof. Du Preez sê dat paddas ’n  belangrike rol speel in die ekosisteem en dat die bewaring van paddas ’n  baie ernstige versoek is.

As deel van bewusmaking en om meer inligting oor die verskillende paddaspesies in Suid-Afrika weer te gee, het prof. Du Preez, in samewerking met Vincent Carruthers ‘n toep ontwerp, “Complete Guide to the Frogs of Southern Africa”. Die toep is ontwerp vir alle natuurliefhebbers, studente of wetenskaplikes, en bied gedetailleerde inligting oor elke padda in die land.

Die toep is beskikbaar op Apple en Android se Appstores. Vir meer inligting oor die toep, sien die video by https://www.youtube.com/watch?v=wwNjYPHRVTg

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button