NewsNews

Malema meen 16 Augustus moet ‘n openbare vakansiedag wees

Julius Malema, leier van die EFF, het gister gesê 16 Augustus moet as ʼn openbare vakansiedag verklaar word. Julius Malema Malema het tydens sy toespraak onder meer gesê dat 16 Augustus as ‘n vakansiedag reg oor die wêreld gevier word en nie net in Marikana nie. . Mynwerkers en politieke leiers het gister op die …

Julius Malema

Malema het tydens sy toespraak onder meer gesê dat 16 Augustus as ‘n vakansiedag reg oor die wêreld gevier word en nie net in Marikana nie. .

Mynwerkers en politieke leiers het gister op die berugte Marikana-koppie naby Rustenburg in Noordwes saamgetrek vir die vyfde herdenking van die Marikana-tragedie op 16 Augustus 2012 toe 34 Lonmin-mynwerkers gesterf het toe polisiebeamptes op hulle losgebrand het. Byna 70 ander is gewond.

Die werkers was besig om te staak in aandrang op ʼn maandelikse salaris van R12 500. Hulle het op die koppie gekamp en geweier om die gebied te verlaat totdat die Lonmin-bestuur met hulle kom praat het.

ʼn Week voor die tragedie is tien mense, insluitend twee polisiebeamptes en twee Lonmin-veiligheidswagte, doodgemaak.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button