NewsNews

Só gaan die nuwe brandstofprys jou sak ruk

Die Outomobiel Assosiasie (AA) sê motoriste kan verwag om aansienlik meer vir brandstof te betaal in September. Dit volg na brandstofpryse reeds in Augustus met tussen 20c en 31c per liter gestyg het. Die AA het in ʼn verklaring gesê gebaseer op die middel-van-die-maand-prysdata wat deur die Sentrale Energiefonds (SEF) vrygestel is, sal brandstofpryse in September na …

Die AA het in ʼn verklaring gesê gebaseer op die middel-van-die-maand-prysdata wat deur die Sentrale Energiefonds (SEF) vrygestel is, sal brandstofpryse in September na verwagting skerp styg.

Daar word voorspel dat petrol 63c per liter duurder gaan wees en diesel 57c per liter duurder. Lampolie se prys sal na verwagting met 58c styg.

Die styging in brandstofpryse word toegeskryf aan die geleidelike verswakking van die rand en hoër internasionale brandstofpryse.   

Die verhoogde pryse sal op 6 September in werking tree.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button