Polisie slaan weer toe op net-hengelaars in Vaalrivier
Onwettige visvang met nette is geen nuwe verskynsel nie, en is dit landwyd ’n groot probleem wat ernstige kommer wek. Tans is die Vaaldam en Vaalrivier een van die grootste probleme. Juis daarom het die SAPD se Vaalrand Water Police & Diving Services met die hulp van onder meer vrywilligers van We Care, Vrydag weer …
Onwettige visvang met nette is geen nuwe verskynsel nie, en is dit landwyd ’n groot probleem wat ernstige kommer wek. Tans is die Vaaldam en Vaalrivier een van die grootste probleme.
Juis daarom het die SAPD se Vaalrand Water Police & Diving Services met die hulp van onder meer vrywilligers van We Care, Vrydag weer hier ’n operasie geloods om toe te slaan op onwettige nette in die rivier. Volgens ao. Vicky Swart van die Vaalrand-eenheid, is meer as 20 onwettige nette Vrydag hier uitgehaal en by die Parys-polisiestasie ingehandig.
Dikwels is dié nette nie opsigtelik nie. Dit word van die een kant van die rivier na die ander kant gespan en baie strategies vasgemaak. Wanneer dit donker en stil is word die nette uitgetrek. Die wet bepaal egter dat dié manier van visvang onwettig is sonder ‘n permit. Verskeie operasies is reeds hier, maar ook in die Vaaldriehoek geloods om hierdie onwettige hengel die hok te slaan. Mense kan hierdie onwettige hengel rapporteer by die plaaslike polisiestasie of Vaalrand-eenheid by 079 886 3604






