Geen verband tussen moorde word ondersoek nie
Die lyk van ‘n man tussen die ouderdom van 30 en 35 is gisteraand(15 Augustus) omstreeks 20:00 op die Enselspruitpad gevind. Illustration photo Die lyk van ‘n man tussen die ouderdom van 30 en 35 is gisteraand(15 Augustus) omstreeks 20:00 op die Enselspruitpad buite Potchefstroom gevind. Volgens sers. Kelebogile Moleko, polisiewoordvoerder, is die Buffelshoek polisie besig om …

Die lyk van ‘n man tussen die ouderdom van 30 en 35 is gisteraand(15 Augustus) omstreeks 20:00 op die Enselspruitpad buite Potchefstroom gevind.
Volgens sers. Kelebogile Moleko, polisiewoordvoerder, is die Buffelshoek polisie besig om ‘n saak van moord te ondersoek.
“Dit blyk dat die oorledene, wie nog onbekend is, dood is aan ‘n skietwond in die maag,” het Moleko gesê.
Verlede maand het die Herald berig oor twee lyke wat in die omliggende area gevind is met skietwonde in albei se koppe. Beide slagoffers is, is ook nog nie identifiseer nie.
Volgens Moleko word daar nog nie ‘n verband tussen die twee moorde ondersoek nie.
“‘n Doodsondersoek moet nog gedoen word,” het sy gesê.




