NewsNews

NWU akademici vir plagiaat ondersoek

Elf akademici van die Noordwes-Universiteit (NWU) word ondersoek oor beweerde plagiaat. nwu Elf akademici van die Noordwes-Universiteit (NWU) word ondersoek oor beweerde plagiaat. City Press het onlangs berig dat dié akademici, onder wie doktors en professore, by die raad op Hoër Onderwys aangegee is omdat hulle na bewering in navorsingsartikels plagiaat gepleeg het. Volgens die …

nwu

Elf akademici van die Noordwes-Universiteit (NWU) word ondersoek oor beweerde plagiaat.
City Press het onlangs berig dat dié akademici, onder wie doktors en professore, by die raad op Hoër Onderwys aangegee is omdat hulle na bewering in navorsingsartikels plagiaat gepleeg het.
Volgens die berig is die meeste aan die fakulteit natuur en landbouwetenskappe verbonde.
Die Herald het intussen vertroulik verneem dat al elf akademici aan die Mafikeng-kampus verbonde is, waarvan een ’n senior bestuurspos by dié kampus het.
Die Raad op Hoër Onderwys het die saak op 10 Mei vanjaar na die universiteit verwys omdat dit ’n interne aangeleentheid is wat deur die universiteit self ondersoek moet word.
Volgens Louis Jacobs, NWU woordvoerder, is die ondersoek nog aan die gang.
“Ons neem aantygings oor plagiaat baie ernstig op. Omdat ons dit so deeglik as moontlik wil ondersoek, gaan dit tyd neem.
Dit is ’n baie tegniese proses en daar is massas dokumente om na te gaan,” het hy gesê. Die departement van hoër onderwys en opleiding gee ’n toelaag van R120 000 aan universiteite vir elke navorsingsartikel wat in joernale of boeke publiseer word.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button