NewsNews

Barokkomponis se werke dié naweek in Vredefort gehoor

Die Duitse tenoor en dirigent Florian Cramer lei sedert Vrydag 27 Julie ’n konsertprojek, aangebied deur die Koepel Kunstesentrum by Deelfontein in die Vredefort Koepel. Die musici, almal deskundiges op die gebied van historiese uitvoeringspraktyk, studeer onder sy leiding ’n program van werke van die barokkomponis Heinrich Schütz (1585 – 1672) in, wat in twee …

Die Duitse tenoor en dirigent Florian Cramer lei sedert Vrydag 27 Julie ’n konsertprojek, aangebied deur die Koepel Kunstesentrum by Deelfontein in die Vredefort Koepel.
Die musici, almal deskundiges op die gebied van historiese uitvoeringspraktyk, studeer onder sy leiding ’n program van werke van die barokkomponis Heinrich Schütz (1585 – 1672) in, wat in twee uitvoerings tot gehoor sal kom.
Die uitvoerings vind plaas in die NG Kerk in Vredefort hierdie Saterdag 5 Augustus om 18:30 en in die Johanneskirche in Pretoria-Oos op Sondag 6 Augustus.
Die program, wat bestaan uit gewyde musiek vir sangers, strykinstrumente, skuiftrompette, dulsiaan en orrel, wys die groot bandbreedte van Schütz se kreatiwiteit. Van intieme kamermusiek vir solosangers en continuo tot feestelike werke vir vier kore, word ‘n
verteenwoordigende deursnit van sy skeppingswerk aangebied. Schütz is in die sewentiende eeu hoog geag as die belangrikste komponis van sy tyd. Sy musiek word in Suid-Afrika relatief selde uitgevoer, onder meer omdat die instrumente wat daarvoor benodig word, in ons tyd skaars is, en slegs deur deskundiges in Vroeë Musiek bespeel kan word. In die naweek se uitvoerings word hierdie oorspronklike barokinstrumente gebruik. Dit beloof om ‘n besondere klankbelewenis te word. Toegang by Saterdag se konsert kos R100 per persoon. Inligting is ook beskikbaar op www.deelfontein.co.za onder Gebeure.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button