Entertainment

‘Goggas’ geniet hul gate uit

SASOLBURG. – “Waardes is rigtingaanwysers vir elkeen van ons. Dit wat ons weet en voel, word geaffekteer deur ons wêreldbeskouing en dit bepaal wat ons glo en hoe ons optree.” Vanaf 2014 fokus Vaalpark Primêre Skool op waardes wat karakter bou. Waardes waar ek nie belangriker is as ons nie. Dit was op Vrydag 8 …

SASOLBURG. – “Waardes is rigtingaanwysers vir elkeen van ons. Dit wat ons weet en voel, word geaffekteer deur ons wêreldbeskouing en dit bepaal wat ons glo en hoe ons optree.”
Vanaf 2014 fokus Vaalpark Primêre Skool op waardes wat karakter bou. Waardes waar ek nie belangriker is as ons nie.
Dit was op Vrydag 8 Mei Vaalpark Primêr se jaarlikse kaskarwedren.
Hierdie jaar was die tema: Insekte met ‘n verskil. Dit was ‘waarde-insekte’. Hulle het verskillende insekte uitgebeeld om die skool se waarde-sisteem te beklemtoon en te wys dat almal saam kan oorleef, selfs met ons verskille, solank ons waardes net dieselfde is.
Op hierdie dag kry elke ouer die geleentheid om sy kind met ‘n kaskar om die baan te stoot.
Dit word in graad- en klasverband gedoen. Vaalpark Primêr het ook die “eko-skoleprojek” deel van hierdie geleentheid gemaak. Elke kind in die skool moes ‘n insek uit ‘n herwinde twee liter koeldrankbottel gemaak het. Hierdie bottel is gebruik om die baan te vorm, waarbinne die kaskarwedren plaasgevind het.
Almal kon soos ‘n insek aantrek. Daar was pryse vir die besgeklede ouer,- kind en- personeellid.
Kaartjies is verkoop, waartydens die deelnemers ‘n kans gestaan het om ‘n iPad, mini iPad en 5 iPods te kon wen.
Daar is ook sewe waardeballe gegooi en die wenners is bepaal volgens die blok se nommer waar die balle geland het. Die aand was voorwaar ‘n sukses!

Klein Geanewev Herbst (18 maande), was ‘n baie oulike lieweheersbesie.
Klein Geanewev Herbst (18 maande), was ‘n baie oulike lieweheersbesie.
Romy (5) en haar sussie Mia (4) Roeloffze het as besige bytjies die dag kom geniet.
Romy (5) en haar sussie Mia (4) Roeloffze het as besige bytjies die dag kom geniet.
Owen (6), Amore (4) en Evan (6) Human het fantastiese insek kostuums aangehad. Foto’s: Schalk le Roux
Owen (6), Amore (4) en Evan (6) Human het fantastiese insek kostuums aangehad. Foto’s: Schalk le Roux
o en regs: Daar is geswoeg en gesweet met ‘n glimlag om al die jong insek-renjaers so vinnig as moontlik om die baan te stoot.
o en regs: Daar is geswoeg en gesweet met ‘n glimlag om al die jong insek-renjaers so vinnig as moontlik om die baan te stoot.

4

Chloë (7), Sule en Kaylee (7) Loggenberg het elk ‘n verskillende insek uitgebeeld.
Chloë (7), Sule en Kaylee (7) Loggenberg het elk ‘n verskillende insek uitgebeeld.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button