Photo GalleriesSchool

Twee kry nasionale toekenning

Die kroon op baie jare se volharding en toewyding is gespan vir twee Voortrekkers van die Parys Kommando wat pas hul Nasionale Presidentverkennertoekenning geslaag het. Hulle is Thomas Conradie en Jani Keet, albei leerders van die Hoërskool Parys. Lede van Die Voortrekkers in graad 12 verwerf die Nasionale Presidentsverkennertoekenning nadat hulle, eerstens aan sekere vereistes …

Die kroon op baie jare se volharding en toewyding is gespan vir twee Voortrekkers van die Parys Kommando wat pas hul Nasionale Presidentverkennertoekenning geslaag het. Hulle is Thomas Conradie en Jani Keet, albei leerders van die Hoërskool Parys.
Lede van Die Voortrekkers in graad 12 verwerf die Nasionale Presidentsverkennertoekenning nadat hulle, eerstens aan sekere vereistes voldoen het om aan die Presidentsverkennerproses te kan deelneem. Dit sluit in die bywoning van ’n sekere aantal gebiedskampe, die suksesvolle voltooiing van ’n sekere aantal spesia-lisasies en take, goeie getuigskrifte van die skool, kerk en Voortrekkerkommando en ’n vereiste aantal jare diens in Die Voortrekkers.
Tweedens moet kandidate die Nasionale Presidentsverkenner teoretiese eksamen wat in Aprilmaand geskryf is, slaag. Laastens moet ook die Nasionale Presidentsverkenner Afrondingskamp in Julie suksesvol voltooi word. Die Presidentsverkenner-toekenning is ’n nasionale toekenning vir kulturele leierskap. Hierdie toekennings word tydens ’n spesiale geleentheid aan die suksesvolle kandidate oorhandig.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button