Mini’s maak ’n verskil vir DBV-nood
Altesaam 375kg honde- en katkos is Maandag deur die 10-jarige Deandré Pieterse by die plaaslike DBV afgegee. Sy het die kos ingesamel met haar projek waarmee sy ’n Checkers mini kruideniersware-item wat sy bymekaar gemaak het, ruil vir 1 kg se honde- of katkos. Sy skenk die kos dan aan die DBV. Saterdag was Deandré …
Altesaam 375kg honde- en katkos is Maandag deur die 10-jarige Deandré Pieterse by die plaaslike DBV afgegee. Sy het die kos ingesamel met haar projek waarmee sy ’n Checkers mini kruideniersware-item wat sy bymekaar gemaak het, ruil vir 1 kg se honde- of katkos.
Sy skenk die kos dan aan die DBV. Saterdag was Deandré weer op haar pos met haar mini’s by die Brak-en-braai stalletjie langs Parys se hoofstraat naby die Grensstraat vierrigting-kruising by die Vredefort-ingang na die dorp, en dit net om viervoete in nood te help.
Die DBV is suiwer afhanklik van skenkings om sy deure oop te hou, en het Deandré gewys watter groot verskil selfs ’n kind kan maak. Hierdie Saterdag is sy weer by die Brak-en-braai stalletjie van 10:00 tot 15:00. Daar is nog mini’s wat mense gevra het dat sy moet uithou, en wat nog gehaal moet word. Hou ook Deandré se WhatsApp-groep “Mini’s for the love of pets” dop.



