Photo GalleriesSport

Likkewane hou Lente Netbal Rondomtalie

Parys se Likkewaan-kanoklub bied op 9 September ’n Lente Netbal Rondomtalie aan. Die dag beloof om soos elke jaar hope pret vir die hele gesin te bied. Daar sal vanjaar weer drie ligas wees – ’n  Mededingende Ope Liga (wat uit gemengde spanne bestaan), Vroue Liga en ’n Sosiale Liga (vir die minder ervare spanne). …

Parys se Likkewaan-kanoklub bied op 9 September ’n Lente Netbal Rondomtalie aan. Die dag beloof om soos elke jaar hope pret vir die hele gesin te bied.
Daar sal vanjaar weer drie ligas wees – ’n  Mededingende Ope Liga (wat uit gemengde spanne bestaan), Vroue Liga en ’n Sosiale Liga (vir die minder ervare spanne).
Spanne bestaan uit 7 spelers (plus 3 reserwes opsioneel). Standaard netbalreëls geld.
Gemengde spanne mag slegs 3 mans in elke span akkommodeer in spel met slegs 1 per doel-area en 1 in die binneveld. Die gemengde spanne mag wel teen die vroue kompeterende spanne meeding in die afsonderlike liga.
Elke span sal tussen 3 en 6 wedstryde speel vir die dag, wat die finale insluit. Daar is ook ‘wisseltrofees’ en groot pryse op die spel in elke afdeling.
Span-inskrywings sluit 1 September.
Vir die kinders sal daar ’n  verskeidenheid van pret aktiwiteite wees.  Daar sal ook drink- en eetgoed verkoop word, met verskeie uitstallers wat bydrae tot die geselligheid van die die dag. Spanne is welkom om ’n gazebo vir die dag te kom opslaan en saam te kuier.
Vir navrae of inskrywings skakel 082 414 0995 (Kurt)./ 082 802 1143 (Nadia)
Enige borge en pryse vir die dag sal baie waardeer word.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button