NewsNews

Nog ‘n sterfte in begraafplaas

VANDERBIJLPARK. – Met die Vanderbijlpark begraafplaas tans in die nuus met aanvalle, moorde en selfmoorde is daar gistermiddag nog ‘n sterfte aangemeld wat binne die begraafplaas plaasgevind het. Die bestuurder van ‘n Rooi Golf GTI met sewe insittendes het gistermiddag, Sondag 30 Julie net na 11:00, in Donges straat beheer verloor by die draai in …

Foto: Jannie du Plessis

VANDERBIJLPARK. – Met die Vanderbijlpark begraafplaas tans in die nuus met aanvalle, moorde en selfmoorde is daar gistermiddag nog ‘n sterfte aangemeld wat binne die begraafplaas plaasgevind het.

Die bestuurder van ‘n  Rooi Golf GTI met sewe insittendes het gistermiddag, Sondag 30 Julie net na 11:00, in Donges straat beheer verloor by die draai in Tielman Roos boulevard in. Die voertuig is daarna  oor die randsteen en het 50m verder deur die hoë betonomheining van die begraafplaas gebars. ‘n Passasier, ‘n man, wat langs die bestuurder gesit het, is opslag dood nadat een van die betonbalke vermoedelik deur die dak geskeur het en hom getref het. Volgens inligting het ‘n persoon op sy skoot gesit. Die ander insittendes is deur paramediese personeel behandel maar daar was geen kritieke besering nie.

Foto: Jannie du Plessis

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button