NewsNews

Dubbel die plesier want Aardklop is hier!

Nasionale kaartjieverkope maak eers op 30 Julie oop, maar slegs Potchefstromers kan nou al kaartjies by Computicket koop deur die verwysing Potch2017 te gebruik. Japie Gouws, Alexa Strachan, prof. Anette Combrink en prof. Fika Janse van Rensburg. Foto: Marianke Saayman Of jy ’n kunste-cowboy, Frikkie-flinkdink, Sannie-smulpaap of Fees-fundie is, moet jy nou al jou Aardklop-skoene …

Japie Gouws, Alexa Strachan, prof. Anette Combrink en prof. Fika Janse van Rensburg. Foto: Marianke Saayman

Japie Gouws, Alexa Strachan, prof. Anette Combrink en prof. Fika Janse van Rensburg. Foto: Marianke Saayman

Of jy ’n kunste-cowboy, Frikkie-flinkdink, Sannie-smulpaap of Fees-fundie is, moet jy nou al jou Aardklop-skoene afstof want die fees vanaf 2 – 8 Oktober is aangekondig en die program is nou bekend.

“Kom ons praat uit die hart en noem ’n ding op sy naam: Aardklop 2016 was ’n wonderwerk,” sê feesbestuurder Alexa Strachan, wat verlede jaar met haar span Aardklop-redders, ingespring en ’n suksesvolle fees in net ses maande aanmekaargeslaan het.

Feesbestuurder Alexa Strachan. Foto: Marianke Saayman

Feesbestuurder Alexa Strachan. Foto: Marianke Saayman

Vanjaar se Aardklop beloof om groter en beter te wees as ooit tevore.
Die voorsitter van Aardklop se direksie, Japie Gouws, het Dinsdagaand by die bekendstelling van die program gesê dat vanjaar slegs moontlik gemaak kon word deur borge en donateurs.

Gouws sê hoewel Aardklop verlede jaar “gered” is, is geen fees werklik veilig nie, aangesien dit jaar na jaar ondersteuning vra om te kan voortgaan.

Aardklop-direksie voorsitter Japie Gouws. Foto: Marianke Saayman

Aardklop-direksie voorsitter Japie Gouws. Foto: Marianke Saayman

“Dankie aan almal in Potchefstroom wat tot die sukses van die fees bydra, mag dit almal aanspoor tot nog groter deelname aan Aardklop, ’n waardevolle bydraer tot die welvaart van Potchefstroom,” sê Gouws.

Hy het die adjunk-visekanselier van die NWU, prof. Fika Janse van Rensburg, ook verwelkom as jongste toevoeging tot die Aardklop-direksie. Strachan sê vanjaar se program is ’n resultaat van versoeke van getroue ondersteuners en dat ou gunstelinge weer by Aardklop te sien sal wees. Dit sluit in die destydse Langtafel in Lover’s Lane en uitbreiding van die Aardklop-gesprekke wat nou as die Rede-kabel Gesprekkereeks bekend staan.

Wilmer Muller, Chris de Bruin en Alexa Strachan. Foto: Marianke Saayman

Wilmer Muller, Chris de Bruin en Alexa Strachan. Foto: Marianke Saayman

Daar gaan ook nuwe talent en minder konvensionele produksies by die fees te siene wees vir die meer avontuurlustige feesganger. Dit sluit in die nuwe tiener- en kampustoneel-projek en intieme teater waar daar slegs een persoon op die verhoog en een in die gehoor is. Hierdie is iets wat nog nooit vantevore in Suid-Afrika aangebied is nie en kaartjies hiervoor is natuurlik beperk!

Delmari van Zyl, Dane Beisheim, Justin Botha en Jaco van der Walt. Foto: Marianke Saayman

Delmari van Zyl, Dane Beisheim, Justin Botha en Jaco van der Walt. Foto: Marianke Saayman

Die gewilde Taxi-teater, wat verlede jaar deur Strachan self begin is, is vanjaar terug en word uitgebrei deur plaaslike talent die geleentheid te bied om hul talente te wys en te ontwikkel.Daar is ook gunstelinge soos Laurika Rauch, Spoegwolf en Chris Chameleon in die musiekafdeling, Hannes Brummer, Casper de Vries en Schalk Bezuidenhout by komedie en Marthinus Basson, Dowwe Dolla en Sandra Prinsloo in toneel.

Susan Cilliers, Mari-Alet Staats, Rina Landsberg, Chris Landsberg en prof. Anette Combrink. Foto: Marianke Saayman

Susan Cilliers, Mari-Alet Staats, Rina Landsberg, Chris Landsberg en prof. Anette Combrink. Foto: Marianke Saayman

“Kom vier ook saam met ons die vol lewe en werk van PG du Plessis, geliefde grootgees wat ons op 7 Junie 2017 ontval het,” sê Strachan.

Terreinkaartjies gaan weer, soos verlede jaar, slegs R20 kos. “So, daar gaan genoeg geld oor wees om kaartjies te koop vir die produksies,” sê sy.

Jaco van der Walt, Richard Barry, Rudi Sadler en Johan van der Merwe. Foto: Marianke Saayman

Jaco van der Walt, Richard Barry, Rudi Sadler en Johan van der Merwe. Foto: Marianke Saayman

“Ons nooi elke feesganger om sy fees-ervaring self saam te stel: Wat ook al jou smaak, styl, voor- of afkeure, jy sal verseker feesvier na #hartelus,” sê Strachan.

Nasionale kaartjieverkope maak eers op 30 Julie oop, maar slegs Potchefstromers kan nou al kaartjies by Computicket koop deur die verwysing Potch2017 te gebruik.

Volg die skakel om die program af te laai:

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button