NewsNews

Eiendomsagent trek dief in Goudstraat vas

Potchefstroom – ’n Eiendomsagent van die stad het ’n man op heterdaad betrap terwyl hy besig was om goedere by ’n leë huis in Goudstraat te steel. Heinrich van der Walt, wat ‘n dief op een van die erwe wat hy verkoop, betrap het. Foto: Dustin Wetdewich ’n Eiendomsagent van die stad het ’n man …

Heinrich van der Walt, wat ‘n dief op een van die erwe wat hy verkoop, betrap het. Foto: Dustin Wetdewich

’n Eiendomsagent van die stad het ’n man op heterdaad betrap terwyl hy besig was om goedere by ’n leë huis in Goudstraat te steel.

Volgens Heinrich van der Walt, die agent wat onlangs die huis verkoop het, het die buurvrou hom Woensdagoggend (26 Julie) geskakel en gesê daar is mense op die erf.

“Daar was die vorige dag ook mense wat ons daar gevang het wat in die huis geslaap het. Toe ek by die huis aankom, het ek die man gesien met twee sakke vol gesteelde goedere,” vertel hy.

Die verdagte het glo ligskakelaars, ligte, koperdrade, deurhandvatsels, asook die ondervloerse verhitting in die sakke gehad. Mooirivier Beskerming is na die toneel ontbied, waarna die polisie ook gereageer het. Die polisie het die man op aanklag van huisbraak en diefstal in hegtenis geneem.

“Die ou het amper alles van waarde uit die huis geneem. Enige iets wat hulle kon saamdra. Ek glo nie hy het alleen gewerk nie, ek dink hy het net gekom om die goedere te kom haal,” het Van der Walt vertel.

Volgens hom is daar ongeveer R90 000 se skade aan die huis aangerig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button