NewsNews

Mini’s vir viervoet magies

Dit koop en dit ruil, dit soek en dit versamel. Dit alles vir die Checkers miniatuur kruideniers wat kleingoed op hol het, en ouers blitsig ’n inkopielys kan laat bymekaarsit vir die laaste paar mini’s wat nog kort in die versamelboksie. Maar Deandré Pieterse (10) van Parys maak nie mini’s bymekaar vir haarself nie. Sy …

Dit koop en dit ruil, dit soek en dit versamel. Dit alles vir die Checkers miniatuur kruideniers wat kleingoed op hol het, en ouers blitsig ’n inkopielys kan laat bymekaarsit vir die laaste paar mini’s wat nog kort in die versamelboksie.
Maar Deandré Pieterse (10) van Parys maak nie mini’s bymekaar vir haarself nie. Sy maak mini’s bymekaar en gee jou ’n  mini kruideniers-item in ruil vir 1kg se honde- of katkos wat sy weer aan die plaaslike DBV-tak skenk.
Saterdag was Deandré by die Brak-en-braai stalletjie, langs Parys se hoofstraat naby die Grensstraat vierrigting kruising by die Vredefort-ingang na die dorp. Sy het van 11:00 tot 13:00 Saterdagoggend 47kg se honde- en katkos bygemaar gemaak. Maar dit is nie al nie. Sy het 2 maande gelede al met haar projek begin en het in totaal nou reeds 187kg se kos gekry wat die DBV kan help om die diere wat in hul sorg is, te versorg.
Die DBV is suiwer afhanklik van skenkings om sy deure oop te hou, en het Deandré weer gewys watter groot verskil selfs ’n kind kan maak.
Sy vertel dat sy diere al sien swaarkry het sonder kos, en dat die gedagte om uit te reik na diere in nood, daar begin het. Omdat sy nie self mini’s versamel nie, maar geweet het hoe gewild dit is onder haar maats, het dié jong entrepreneur gou besef dat die mini’s haar kan help om diere te help.  Sy het met die eerste reeks Checkers mini’s al begin met die projek en toe 12 blikkies en 3 sakke kos ingesamel wat aan ’n  veearts geskenk is.
Omdat baie versamelaars dikwels net nog daardie laaste paar mini’s kort om hul versamelboks vol te maak, is Deandré se ruilopsie baie gewild en help mense graag  op dié manier.
As jy nog mini’s kort, gaan kyk gerus wat Deandré het wanneer sy Saterdag weer by die Brak-en-braai stalletjie sal wees van 10:00 tot 14:00. Mense wat mini’s wil skenk vir haar projek is ook baie welkom. Deandré het ’n  whatsapp-groep “Minis for the love of pets” waarby mense ook kan aansluit.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button