NewsNews
Man in kritieke toestand per helikopter hospitaal toe
‘n Man wat vermoedelik in sy 30’s is, is gistermiddag ernstig beseer toe sy bakkie op die N12, ongeveer 10 km buite Potchefstroom, gerol het. Paramedici van ER24 het omstreeks 12h10 op die toneel aangekom waar hulle die bakkie in die veld gevind het. Die man is ‘n paar meter weg van die bakkie se …

Paramedici van ER24 het omstreeks 12h10 op die toneel aangekom waar hulle die bakkie in die veld gevind het. Die man is ‘n paar meter weg van die bakkie se wrak gevind.
Hy is dadelik behandel waarna hy deur die ER24 Oneplan-helikopter na ‘n privaathospitaal in Johannesburg gevlieg is vir dringende behandeling.
Daar word beweer dat die man uit die voertuig gegooi is terwyl dit gerol het.
Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!