NewsNews

Help! Ons is beroof!

Net voor nege Saterdagoggend het die Parys SAPD die noodoproep van ’n boervrou uit die Vaal Eden-gebied ontvang. Haar noodkreet:  “Help! Ek en my man is pas deur vier gewapende mans beroof. Hulle is weg met een van ons voertuie!” Die Vaal Eden Plaaswag Reaksiegroep het onmiddellik gereageer en hulle na die toneel gehaas om …

Net voor nege Saterdagoggend het die Parys SAPD die noodoproep van ’n boervrou uit die Vaal Eden-gebied ontvang. Haar noodkreet:  “Help! Ek en my man is pas deur vier gewapende mans beroof. Hulle is weg met een van ons voertuie!”
Die Vaal Eden Plaaswag Reaksiegroep het onmiddellik gereageer en hulle na die toneel gehaas om die slagoffers by te staan. Hulle het ook observasie punte opgestel op die uitgaande roetes. Binne minute was ’n vliegtuig van Aidan Parker wat deur Landelike Gemeenskap Veiligheid (LGV) bedryf word, in die lug om bystand aan die reaksiegroep op die grond te verleen.
Die SAPD het hulle noodplan in werking gestel en alle rolspelers geaktiveer.
Maar anders as dié plaasaanvalsimulasie scenario wat net ’n inoefening vir beskermings- en nooddienste was, is hierdie bykans ’n daaglikse realiteit in Suid-Afrika, waar die boeregemeenskap voortdurend op hulle hoede moet wees om nie deel te word van die steeds stygende plaasaanval statistiek nie.
Daarom is ’n inoefening met al die rolspelers soos Saterdag hier gedoen is, juis van kardinale belang om almal blootstelling te gee oor wat om in ’n noodsituasie te doen.
Belangriker nog die reaksiegroep wat na die toneel gaan om die slagoffers by te staan. Hulle is gewoonlik die naaste en eerste op die toneel.
Hier het LGV die afgelope tyd hard gewerk om die reaksiegroep op standaard te kry en ‘n effektiewe rol te speel. Die klem het geval op toneelbewaring en ondersteuning aan die polisie met verdere ondersoek.
“Dit is ‘n riem onder die hart om te sien hoe die gemeenskap saamstaan, al was dit net ’n  inoefening,” sê Pieter Kemp, voorsitter van LGV. Terugvoer van Saterdag se oefening was dat al die rolspelers tevrede was. Daar sal nou voortgegaan word met opleiding en inoefening onder alle rolspelers.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button