BlogsOpinions

Uit my dagboek: Pappa se seun: ’n Rowwe mannetjie

Die hele pad tel hy sy hande op en sê: “Boks dadda, boks.” Met een hand op die stuurwiel, probeer ek om met die ander hand te boks. Maandagoggend ry ek en Aiden skool toe. Hy wou nie skool toe gaan nie. Ek dink hy is net nie gewoond daaraan om saam met my in …

Maandagoggend ry ek en Aiden skool toe. Hy wou nie skool toe gaan nie. Ek dink hy is net nie gewoond daaraan om saam met my in ’n kar te klim en skool toe te gaan nie.
Die hele pad tel hy sy hande op en sê: “Boks dadda, boks.” Met een hand op die stuurwiel, probeer ek om met die ander hand te boks.
“Boks twee hande dadda,” sê hy heel ernstig. Ek besef toe dadelik dat hy die “bokslesse” wat ek gereeld vir hom probeer gee, kop toe vat. Sondagmiddag het ons geboks en gestoei. Naderhand kon ek nie meer nie. Mamma probeer net keer omdat ons blykbaar te rof is. Ek vang hom soos wat hy weer op my probeer neerval en probeer verduidelik dat dit hy is wat so rof is, nie ek nie. Hy vat ’n aanloop en val op my neer. Dan spring hy weer op met sy vuisies gebal en skreeu: “Boks dadda!”
Gelukkig het ons hom al geleer dat hy nie vir mamma moet boks nie. Die vordering in sy tegniek is nogal opmerklik. Toe ons ’n paar maande gelede begin het, het hy sulke wye houe gegooi. Hy begin nou al reguit houe slaan, wat meer en meer die merk tref. Die merk is gewoonlik my ken. Wanneer die boks vervelig raak, sleep hy my mat toe, waar daar gestoei word.
“Ons moet hom dalk inskryf vir stoei,” stel mamma voor.
Ja dalk, maar dan gee ons die klein rowwe mannetjie nog meer vaardighede. Voor ek my oë uitvee, sit hy vir my ore aan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button