Entertainment

Koning Rosekrans, Liewe Heksie en die Tuindwergie in Vanderbijlpark

VANDERBIJLPARK. – Vier-en-vyftig jaar na die eerste verskyning van die geliefde karakter, Liewe Heksie, bekoor dié vriendelike heksie steeds gehore regoor die land. Oud én jonk kan hul solank voorberei vir ‘n Liewe Heksie-vertoning soos min op 6 Junie by die Quest Conference Estate in Vanderbijlpark. Dié mag-nie-misloop vertoning word aangebied deur Lefra Produksies en …

VANDERBIJLPARK. – Vier-en-vyftig jaar na die eerste verskyning van die geliefde karakter, Liewe Heksie, bekoor dié vriendelike heksie steeds gehore regoor die land. Oud én jonk kan hul solank voorberei vir ‘n Liewe Heksie-vertoning soos min op 6 Junie by die Quest Conference Estate in Vanderbijlpark. Dié mag-nie-misloop vertoning word aangebied deur Lefra Produksies en spog boonop met ’n spiksplinternuwe produksie: Liewe Heksie en die Tuindwergie.
Die regisseur, Frans Swart, sê hy is baie opgewonde dat wyle Verna Vels (die skepper van Liewe Heksie) die nuwe storie spesiaal vir hom geskryf het, en ook aan hom toevertrou het. “Liewe Heksie het deur die jare so ‘n groot invloed op my lewe gehad, want ek was kameraman op die Heksie-televisiereekse. Behalwe dat ek grootgeword het met Liewe Heksie, het Heksie in my hart kom inkruip met die televisiereekse. Dit is vir my ‘n besondere eer om Liewe Heksie en die Tuindwergie op te voer en dit is so besonders, want dis ‘n vars en splinternuwe storie,” sê Swart.
Daar is twee splinternuwe produksies wat te siene sal wees. Voor pouse sal Liewe Heksie en die Botterblom opgevoer word. Botterblom is Blommeland se koei wat vir die hele Blommeland melk verskaf. Maar Botterblom is kwaad. Karring, Blommeland se melkkabouter, laat niemand by Botterblom toe nie, en Botterblom raak baie eensaam. Na pouse is dit Liewe Heksie en die Tuindwergie, waar Casper die tuindwerg ontmoet word toe hy een oggend in Heksie se tuin wakker word. Maar wie kruip daar agter ‘n boom weg? Dit lyk soos ‘n stoute gifappeltjie?
Vier uiters talentvolle akteurs gee aan die Liewe Heksie-karakters lewe op die verhoog. Anmari van Achterbergh speel die rol van Liewe Heksie, Botha Enslin die rol van Mattewis, Kwaatjie Kabouter, die Geelheks, Borrie die Gifappeltjie, Griet, Karel Kat, Botterblom en Koning Rosekrans. Lechelle Lerm is te siene as Blommie en Kerrie die Gifappeltjie. Phillru van Achterbergh vertolk onder andere die rol van Casper, Borrie die Gifappeltjie, Karring en Klein Kwaaitjie. Kaartjies beloop R65 per persoon en belangstellendes kan (016) 910 3001/2 of annelie.steenkamp@nwu.ac.za kontak vir kaartjies of besprekings.

Related Articles

Back to top button