NewsNews

Só sal hulle Corné onthou

So onwerklik! Net Maandag nog was sy daar in die kantoor – oproepe en afsprake gemaak, haar borrelende lag met so baie kliënte en kollegas gedeel. Maar Dinsdagoggend was Corné Powrie se plek leeg by Parys Sekuriteit. ’n Plek wat sy met haar spontane geaardheid, glimlag en aansteeklike lag volgemaak het. Corné is in die …

So onwerklik! Net Maandag nog was sy daar in die kantoor – oproepe en afsprake gemaak, haar borrelende lag met so baie kliënte en kollegas gedeel.
Maar Dinsdagoggend was Corné Powrie se plek leeg by Parys Sekuriteit. ’n Plek wat sy met haar spontane geaardheid, glimlag en aansteeklike lag volgemaak het.
Corné is in die ouderdom van 45 jaar aan hartversaking oorlede. Sy word Vrydag om 11:00 vanuit die NG Wes-gemeente in Parys begawe.
Hier in Parys waar sy vir soveel jaar gewoon en gewerk het. Corné het in Vredefort grootgeword en skoolgegaan. Daarna het sy onder meer vir jare by Ben en Ria van den Berg se tuisnywerheid in Breëstraat gewerk, by Aida en Malan Eiendomme en selfs as burgerlike by die destydse Tumahole Munisipale Polisiekantoor. Na ’n  kort tydjie in Schweizer Reneke, het sy teruggekeer na Parys en was sy sedertdien by Parys Sekuriteit waar kliënte gereeld haar vriendelike stem en lag oor die foon en in die kantoor gehoor het.
Corné was iemand wat lief was vir mense en haar graag met mense omring het. Sy was ’n  “bok vir sports” en iemand wie se energieke pols vir die lewe in haar lag gehoor kon word. Om te dans en te teken was haar groot vreugdes in die lewe.
Sy word oorleef deur haar kinders, Renier en Hubré, Hennie, 2 broers en ma Gerrie.

Related Articles

Back to top button