NewsNews

Man kritiek beseer na vragmotor-ongeluk

SASOLBURG. – Verkeer op die R59, buite Sasolburg, rigting Parys, was gister vir etlike ure ontwrig na twee vragmotors met mekaar gebots het. Foto: ER24 Die ongeluk het op die brug, waar die R59 oor die N1-snelweg gaan, plaasgevind. Die een vragmotor se voorste gedeelte het van die wal afgehang met paramedici van ER24 se …

Foto: ER24

Die ongeluk het op die brug, waar die R59 oor die N1-snelweg gaan, plaasgevind. Die een vragmotor se voorste gedeelte het van die wal afgehang met paramedici van ER24 se aankoms by die toneel. Die bestuurder was in die wrak vasgekeer en gespesialiseerde toerusting is ingespan om hom te bevry.

Hy het kritieke beserings opgedoen en is per helikopter hospitaal toe geneem.

Die ander vragmotor het ‘n entjie weg tot stilstand gekom. Die bestuurder van dié vragmotor het nie beserings opgedoen nie.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button