NewsNews

Publiek se skenkings kan sy been red

Groot kommer heers steeds dat mnr. Phillip Roberts (28) sy been kan verloor VANDERBIJLPARK. – Groot kommer heers steeds dat mnr. Phillip Roberts (28) sy been kan verloor as hy nie vinnig ‘n noodsaaklike operasie aan sy vergruisde knieskyf kan ondergaan nie. Vaalweekblad het verlede week berig dat Phillip, wat vir ‘n private nooddiens reaksie-eenheid …

VANDERBIJLPARK. – Groot kommer heers steeds dat mnr. Phillip Roberts (28) sy been kan verloor as hy nie vinnig ‘n noodsaaklike operasie aan sy vergruisde knieskyf kan ondergaan nie.

Vaalweekblad het verlede week berig dat Phillip, wat vir ‘n private nooddiens reaksie-eenheid werk, op Saterdag 1 Julie in ‘n botsing voor die Palms-winkelsentrum in Louis Trichard-boulevard betrokke was. Sy been is ernstig in die botsing beseer.

Aangesien hy nie ‘n mediese fonds het nie, is hy in die Sebokeng-hospitaal opgeneem, waar hy moontlik etlike weke op ‘n operasie sal moet wag.

Daar is kommer dat hy sy been kan verloor as die oop wond septies raak en hy nie betyds geopereer kan word nie.

Sy vriende en familie probeer hom nou na ‘n privaathospitaal oorgeplaas kry, waar die operasie teen ‘n koste van sowat R100 000 gedoen sal kan word.

‘n Fonds is nou vir dié doel in die lewe geroep. Enigiemand wat ‘n bydrae wil maak, kan die volgende bankbesonderhede gebruik:

Capitec Bank

Reknr: 1403769484

Takkode 470010

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button