Begraafplaas vervalle en vergete

Parys begraafplaas lyk gereeld asof daar nie veel moeite gedoen word om dié plek van herinnering in stand te hou nie. ’n Besoeker aan Parys, Trixe Strooh was onlangs by die begraafplaas om ’n familielid se graf te besoek. “Ek het tot my skok agtergekom in watter toestand die ou begraafplaas tans is,” sê sy. …

Parys begraafplaas lyk gereeld asof daar nie veel moeite gedoen word om dié plek van herinnering in stand te hou nie.
’n Besoeker aan Parys, Trixe Strooh was onlangs by die begraafplaas om ’n familielid se graf te besoek.
“Ek het tot my skok agtergekom in watter toestand die ou begraafplaas tans is,” sê sy.
Die begraafplaas is oorgroei met kakiebosse en lang gras. Sommige van die grafte kan nie eens raakgesien word tussen die lang gras en bosse nie.
Daar is ook nie ’n heining rondom die begraafplaas nie, en volgens ’n baie ongelukkige Strooh het hy onveilig gevoel toe hy die familielid se graf besoek het.
“Parys is ’n toerisme mega, maar is dit hoe hul ons geliefdes vergeet,” sê sy.
Strooh sê dat sy graag wil weet wanneer die munisipaliteit die begraafplaas gaan skoonmaak, aangesien die hoofstraat altyd netjies is, maar wanneer ‘n mens na die buitewyke van die dorp ry, lyk dit baie sleg.
Hierdie is wel nie die eerste keer dat die Parys begraafplaas so lyk nie, en dit is ook nie die slegste wat dit al gelyk het nie.
In Februarie het ’n inwoner van Parys ’n foto op Facebook geplaas van hoe lank die gras in die begraafplaas was. Grafstene het skaars uitgesteek agter die lang gras.
Iemand het op die foto kommentaar gelewer en gesê dat dit jammer is dat plekke in die dorp wat vir die inwoners belangrik is, so vervalle raak, en daar niks daaraan gedoen word nie.
Nog mense het gesê dat mense deesdae verkies om veras te word, aangesien die begraafplaas so lyk, en hulle eerder nie daar begrawe wil word nie.
“Hoe kan jy jou geliefde se graf besoek as dit so lyk?” het sy gevra.
Dit blyk dat die lang gras wel gesny is nadat dié foto op Facebook geplaas is, maar vandag lyk die begraafplaas steeds nie goed nie.
Teen druktyd het die munisipaliteit nog nie terugvoer gegee nie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button