NewsNews

Taxi ongeluk – baie beseer

SASOLBURG. – Nie minder as agt ambulanse moes vroeg vanoggend 12 Julie gebruik word om die sowat 16 beseerde pasiënte te vervoer na ‘n taxi ongeluk vroeg vanoggend op die R57 rigting Vanderbijlpark net voor die brug oor die Vaalrivier. SASOLBURG. – Nie minder as agt ambulanse moes vroeg vanoggend 12 Julie gebruik word om …

SASOLBURG. – Nie minder as agt ambulanse moes vroeg vanoggend 12 Julie gebruik word om die sowat 16 beseerde pasiënte te vervoer na ‘n taxi ongeluk vroeg vanoggend op die R57 rigting Vanderbijlpark net voor die brug oor die Vaalrivier.

Die ongeluk het ongeveer 07:00 plaasgevind toe die bestuurder met ‘n vol vrag passasiers waarskynlik beheer verloor het en teen die wal aan die linkerkant van die R57 afgerol het. Die sloot is ongeveer 5m diep tussen die R57 en die Modderfontein pad. ER24, Gauteng Provinsiale Ambulansdiens en Vaal Emergency Care was maar van die ambulanse wat ongeveer 16 van die pasiente, wat gewissel het van lig beseer tot ernstig na verskeie hospitale in die omgewing te vervoer. Sasol brandweer en die polisie was ook op die toneel en die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button