NewsNews

‘Jy moet kom help, hulle gaan my doodmaak’

Twee mans is Vrydagoggend 16 Junie so erg deur vyf verdagtes aangerand dat een van die mans in die hospitaal opgeneem moes word. Sy lewer het gebars en hy moes ook ’n operasie ondergaan waartydens sy galblaas verwyder is.

“Jy moet kom help, die mense gaan my doodmaak,” het ’n man aan sy vriend gesê terwyl vyf mans hom aangerand het.
Twee mans is Vrydagoggend 16 Junie so erg deur vyf verdagtes aangerand dat een van die mans in die hospitaal opgeneem moes word. Sy lewer het gebars en hy moes ook ’n operasie ondergaan waartydens sy galblaas verwyder is.
“Die dokter het gesê dat ek gelukkig is dat ek nie doodgebloei het as gevolg van die gebarste lewer nie,” het die man, wat anoniem wil bly, gesê.
Die Herald het verlede week berig dat daar ’n klag van poging tot moord ondersoek word.
Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, was die twee mans op pad huis toe nadat hulle by ’n kuierplek in Walter Sisulustraat gekuier het.
Een van die mans het saam met twee vriendinne na ’n voertuig gestap, waarna hulle deur die vyf verdagtes genader is. Een van die verdagtes het glo een van die vriendinne gegryp, waarna sy weggeruk en na die voertuig gehardloop het.
Volgens Manyoba het die man vir die verdagtes gevra waarom hulle sy vriendin pla, waarna die vyf hom aangerand het.
Sy vriend, wat toe reeds op pad huis toe was, sê: “Ek het gebel om te hoor waar ek vir hom die hek se afstandbeheerder moet los. Hy het gesê dat ek asseblief moet kom help. Die mense gaan hom doodslaan,” vertel hy.
Hy het teruggekeer waar hy twee van die mans gekry het wat met een van die vriendinne gestry het.
“Ek het gehoor hoe hy vir haar sê: ‘Ek gaan jou dood bl#%@m,’” vertel hy.
Hy het een van die verdagtes ’n hou met die vuis gegee, waarna hy na een van die ander verdagtes beweeg het. Dit is toe dat die res van die groep hom aangerand het.
Hulle het hom geslaan en nadat hy op die grond beland het, het hulle hom ook geskop. Hy kon uiteindelik daarin slaag om van die groep weg te kom.
Die groep het hom egter gevolg en verder aangerand. Hy is in die pad rondgesleep waar hy aanhoudend geskop en geslaan is. Een van die verdagtes het bo-oor hom gaan staan, waarna hy in die maag geskop is.
“Dit het gevoel of ek gaan sterf van die pyn. Ek het my arms laat sak om my maag vas te hou, maar hulle het aangehou om my in die gesig te skop,” vertel hy.
Intussen is die bestuurder van die kuierplek in kennis gestel van die bakleiery, waarna hy uitgehardloop het om te probeer keer.
Die man het op die sypaadjie gaan lê. ’n Ambulans het hom hospitaal toe geneem. Niemand is al in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Volgens die man ken hy die groep van geen kant af nie, maar sal hy hulle kan uitwys as hy hulle weer sien.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button