Entertainment

Fliek Vlooi: A Dog’s Purpose

Ek gee A Dog’s Purpose 8½ /10. My hoë gradering spruit dalk vanuit my intensiewe liefde vir diere, en ek glo elkeen wat so lief vir diere is, ook hulself in ’n toestand in sal huil. Die fliek het my verras. Aan die begin het dit vervelig voorgekom en het ek gedink kinders sou dit …

Links: Ethan as 'n tiener (KJ Apa) saam met sy hond Riley. Foto: Vulture.com

Links: Ethan as ‘n tiener (KJ Apa) saam met sy hond Riley. Foto: Vulture.com

As jy nog nooit in ’n fliek gehuil het nie, maak maar solank reg vir jou eerste keer. A Dog’s Purpose is seker die enigste fliek waarin ek minstens drie keer deur die fliek soos ’n baba gehuil het.
Dit is ’n drama-komedie wat handel oor ’n toegewyde hond (Josh Gad) wat poog om die betekenis van sy lewe te ontdek – die rede waarom honde ’n bestaan op aarde lewer.

Hierdie betekenis probeer hy vind deur sy verskillende lewens as hond in verskillende omstandighede en huishoudings oor ’n tydperk van sowat 50 jaar.

In een van sy lewens raak hy geheg aan sy eienaar, jong Ethan (Bryce Gheisar). Die twee (Ethan en sy hond Riley) word saam groot en bou ’n band wat net tussen ’n hond en sy sielsgenoot kan vorm, maar hierdie is net een van die baie lewens wat Riley moes leef.

Dekades later kruis Riley se pad weer met sy eerste eienaar, Ethan (Dennis Quaid), nou ’n ouer man, en hy help Ethan om homself weer te vind, en hom te herinner aan hoe hy as jong, gelukkige man was.
So besef Riley wat sy werklike doel op aarde is.

Ek gee A Dog’s Purpose 8½ /10. My hoë gradering spruit dalk vanuit my intensiewe liefde vir diere, en ek glo elkeen wat so lief vir diere is, ook hulself in ’n toestand in sal huil.
Die fliek het my verras. Aan die begin het dit vervelig voorgekom en het ek gedink kinders sou dit seker meer geniet, maar aan die einde dink ek het ek dit meer geniet as enige kind ooit sou kon.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button