NewsNews

Skenk bloed in Parys

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) nooi die gemeenskap van Parys om bloed te skenk Dinsdag 11 Julie 2017 by die Hervormde Kerksaal Parys vanaf 13:00 tot 19:00. Bloedskenkers sal ‘n beperkte uitgawe Winter geskenk ontvang en heerlike sop en sjerrie sal beskikbaar wees! Help SANBS om 100 eenhede bloed in te samel. Tydens die Winter …

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) nooi die gemeenskap van Parys om bloed te skenk Dinsdag 11 Julie 2017 by die Hervormde Kerksaal Parys vanaf 13:00 tot 19:00. Bloedskenkers sal ‘n beperkte uitgawe Winter geskenk ontvang en heerlike sop en sjerrie sal beskikbaar wees! Help SANBS om 100 eenhede bloed in te samel.
Tydens die Winter tydperk, is daar ‘n afname in die hoeveelheid skenkings en dit het ʼn ernstige impak op pasiënte. Bloedvoorrade is gewoonlik laag gedurende hierdie tydperk omdat gereelde klinieke by skole en tersiêre instellings kan nie plaasvind nie. Omdat bloedvoorrade gewoonlik laag is tydens die Winter, sal die SANBS ‘n wintersveldtog aanbied om te poog om hul behoefte aan bloed te bereik hierdie Winter. Skenkers wat tydens die veldtog die koue trotseer om tot 3 lewens te red sal verras word met iets spesiaal.
Die SANBD moedig elke Suid-Afrikaner aan om by die gereelde groep bloedskenkers aan te sluit wat die lewens van hul medemense op hierdie manier red.
Die behoefte aan bloed neem ongelukkig nie af nie, en pasiënte benodig steeds ongeveer 3 000 eenhede bloed per dag. Vir elke dag wat hierdie doelwit nie bereik word nie, word die beskikbare voorraad uitgeput.
Om ʼn bloedskenker te word moet jy:
•Tussen die ouderdom van 16-65 wees
•Meer as 50kg weeg
•Iets voor jou skenking eet
•ʼn Veilige seksuele leefstyl lei
•Gesond wees op die dag van skenking
Help ons asseblief om ʼn bloedtekort te voorkom om bloedskenking te ondersteun.

Related Articles

Back to top button