Photo GalleriesSchool

Eerstespan verdedig weer sy Valke-liga titel

Die eersterugbyspan van Hoërskool Parys speel Saterdag 29 Julie in die finaal van die Valke-liga op die Isak Steyl Stadion in Vanderbijlpark wanneer hulle teen Belvedere van Benoni te staan kom. Dit beteken dat die eerstespan vir die vierde agtereenvolgende jaar hul titel sal verdedig. Hoërskool Parys se eerstespan is reeds in 2014, 2015 en …

Die eersterugbyspan van Hoërskool Parys speel Saterdag 29 Julie in die finaal van die Valke-liga op die Isak Steyl Stadion in Vanderbijlpark wanneer hulle teen Belvedere van Benoni te staan kom.
Dit beteken dat die eerstespan vir die vierde agtereenvolgende jaar hul titel sal verdedig. Hoërskool Parys se eerstespan is reeds in 2014, 2015 en 2016 as ligawenners gekroon en beoog om die liga vir ’n vierde opeenvolgende jaar te wen. Met ’n  pragtige oorwinning teen Die Ankerskool in die semi-finaal bly die hoogtepunt van die 2017-seisoen die liga-finaal.
Hoërskool Parys was ook bevoorreg om vanjaar 4 spanne in die Valke Semi-finale te hê, maar ongelukkig moes die o/15-, o/16- en tweedespan die knie buig teen hulle opponente in die semi-finaal.
Met die rugbyseisoen wat op ’n  hoogtepunt afgesluit het, is Hoërskool Parys trots op elke speler wat die jaar deelgeneem het aan die rugbyliga en  het Parys weer groot hoogtes bereik in rugbykringe wat van die skool van die mees kompeterende rugbyspanne in die platteland maak.
Die skool is opgewonde om weer deel te wees van die Virsekerbeker (voorheen bekend as die Beeldtrofee), waar Parys teen skole kompeteer wat tot drie keer in getalle groter is as Hoërskool Parys. “Ons is trots om met ons plattelandse seuns te spog wat kan meeding met stedelike spanne en groot suksesse kan behaal. Baie geluk aan die spelers en afrigters wat baie hard gewerk het vir die suksesse. Baie dankie ook aan Suleen Peens, die biokinetikus, wat sedert 2016 saam met die afrigters hard gewerk het om van hierdie seisoen ook ’n groot sukses te maak.  Dit is lekker om die vrugte te kan pluk van al die afrigterskursusse en tyd wat opgeoffer is tydens die rugbyseisoen,” sê Hoërskool Parys.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button