NewsNews

Vulstasie rowers gevang

Die Sasolburgse honde-eenheid het op Maandag 20 Junie vier verdagtes in hegtenis geneem vir ‘n gewapende roof in Heilbron. Die vier verdagtes het na bewering by die Vyansvlei vulstasie opgedaag in ‘n wit Toyota Tazze en ‘n silwer Toyota Tazz. Drie van die verdagtes is toe in die vulstasie winkel in waar hulle vuurwapens gerig …

Die Sasolburgse honde-eenheid het op Maandag 20 Junie vier verdagtes in hegtenis geneem vir ‘n gewapende roof in Heilbron.

Die vier verdagtes het na bewering by die Vyansvlei vulstasie opgedaag in ‘n wit Toyota Tazze en ‘n silwer Toyota Tazz. Drie van die verdagtes is toe in die vulstasie winkel in waar hulle vuurwapens gerig het op die twee winkelassistente en ge-eis het dat die geld in die kasregister oorhandig word.

Een van die winkelassistente kon daarin slaag om die paniekknoppie te druk waaorp die alarm afgegaan het en nog ‘n assistent wat op die rybaan was gereageer het en die winkel binne gehardloop het. Hy is in die arm en been geskiet.

Die vier verdagtes het die kasregister gevat en van die toneel gevlug in die wit Tazz. Die polisie het hulle gevolg tot by die R59 afrit by Vereeniging waar ‘n skietery gevolg het.

Die polisie het beslag gelê op ‘n ongelisensieerde vuurwapen, ammunisie, ‘n kasregister met ‘n bedrag geld daarin, ‘n gesteelde selfoon en vermoedelik gesteelde voertuig. Die verdagtes is tussen die ouderdom van 29 en 35 jaar en is van Mosambiek.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button