NewsNews

Egpaar stabiel ná ongeluk met brander

Beide Jacques en Nadine Olivier se toestand is stabiel nadat hulle Vrydagaand brandwonde opgedoen het toe ’n Ethanol-brander ontplof het. Die egpaar was by hul seun, Evan, in Pretoria vir die langnaweek. Die brander wat ontplof het, is ’n  estetiese huishoudelike toestel wat ’n  klein vlammetjie maak wanneer dit aangesteek word. Die vlammetjie het doodgegaan …

Beide Jacques en Nadine Olivier se toestand is stabiel nadat hulle Vrydagaand brandwonde opgedoen het toe ’n Ethanol-brander ontplof het. Die egpaar was by hul seun, Evan, in Pretoria vir die langnaweek.
Die brander wat ontplof het, is ’n  estetiese huishoudelike toestel wat ’n  klein vlammetjie maak wanneer dit aangesteek word. Die vlammetjie het doodgegaan waarop Jacques na ’n  ruk dit weer opgevul en dit in die proses ontplof het. Van die ethanol het op hom en Nadine gespat.
Jacques is onderwyser en departementshoof vir Wiskunde by die Parys Primêre skool, en ook tennis-krieket- en rugby-afrigter, terwyl Nadine graadhoof en koördineerder vir graad R is by die Parys Primêre skool.
Volgens Evan, het Jacques 6% brandwonde op sy gesig, terwyl Nadine 15% brandwonde aan haar gesig en hande het. Beide se brandwonde is oppervlakkig en behoort daar geen permanente letsels te wees nie, sê Evan. Hy sê die dokters is baie tevrede met sy ouers se vordering, hoewel albei nog in die intensiewe sorgeenheid is. Omdat hul brandwonde in hul gesigte is, is hulle gesedeer ter wille van swelling, sê hy.
Jacques is egter reeds wakker en behoort later vandeesweek uit die intensiewe sorgeenheid na ’n  ander saal geskuif te word. Nadine sal na verwagting nog vir die week onder sedasie gehou word.
Die Olivier-gesin sê baie dankie aan elkeen wat met gebede, oproepe of boodskappe die gesin ondersteun.  Die meelewing word opreg waardeer en hulle prys die Heer vir Sy groot genade.

Jacques en Nadine Olivier wat die naweek brandwonde opgedoen het toe ‘n Ethanol-brander (inlasfoto), ontplof het. Die brander is ‘n estetiese huishoudelike toestel wat ‘n klein vlammetjie maak.

Related Articles

Back to top button