NewsNews

Planne vir nuwe myn gekortwiek

Besorgde inwoners het die afgelope week ‘n stokkie gesteek voor planne van ‘n myngroep om ‘n myn tussen Carletonville en Potchefstroom te vestig. Besorgde inwoners het die afgelope week ‘n stokkie gesteek voor planne van ‘n myngroep om ‘n myn tussen Carletonville en Potchefstroom te vestig. Die Herald het sowat ses jaar gelede berig dat …

download (3)

Besorgde inwoners het die afgelope week ‘n stokkie gesteek voor planne van ‘n myngroep om ‘n myn tussen Carletonville en Potchefstroom te vestig.
Die Herald het sowat ses jaar gelede berig dat ‘n maatskappy, New Heights 147, vir yster en ander minerale in die omgewing tussen Carletonville en Potchefstroom wil begin myn. Die middelpunt van die beplande nuwe bedrywighede was naby die Boskopdam gewees. Dié planne het egter einde verlede jaar weer herleef toe mnr. Johan Human van die maatskappy Minmet Services, in Novembe aangedui het dat dié maatskappy mynregte om vir verskeie minerale te myn, van die Departement van Minerale Hulpbronne ontvang het.
‘n Groep grondeienaars van dié omgewing het egter verlede week ‘n dringende  tydelike interdik teen die oprigting van só ‘n myn bekom.
Dié interdik is in die Wes-Kaapse Hooggeregshof toegestaan.
Boere van die Oudedorp-omgewing en omgewingsgroepe was ongelukkig oor die planne omdat die maatskappy blykbaar nooit die nodige vergaderings wat deur die wet vereis word, met hulle gehad het nie.
Die bekende omgewingsaktivis en voorsitter van die organisasie die Federasie vir ‘n Volhoubare Omgewing (FSE), me. Mariette Liefferink, het ook aangedui dat dié organisasie nie oor die beplande aksies geraadpleeg was nie. Dit is ‘n oortreding
van die wet omdat die FSE ‘n geregistreerde party is wat deur die nuwe mynbou-bedrywighede geraak word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button