NewsNews

Oeroue rotse help om herkoms van atmosfeer te ontrafel

Kwarts wat 3,3 miljard jaar oud is en by Barberton in Suid-Afrika aangetref word, help wetenskaplikes om die geheimenisse oor die aarde se atmosfeer te ontrafel Rubriek deur Herman Toerien, natuurliefhebber, kenner van die sterrekunde en gereelde rubriekskrywer vir Maroela Media en www.sci-news.com – Illustrasiefoto: NASA Deur Herman Toerien Kwarts wat 3,3 miljard jaar oud …

Rubriek deur Herman Toerien, natuurliefhebber, kenner van die sterrekunde en gereelde rubriekskrywer vir Maroela Media en www.sci-news.com – Illustrasiefoto: NASA

Deur Herman Toerien

Kwarts wat 3,3 miljard jaar oud is en by Barberton in Suid-Afrika aangetref word, help wetenskaplikes om die geheimenisse oor die aarde se atmosfeer te ontrafel.

Die aarde het te na-aan die son ontstaan om die vlugtige elemente te kon behou wat in die vroeë atmosfeer teenwoordig was, en daarom is dit duidelik dat die atmosfeer sedertdien aangevul moes gewees het, aldus ’n artikel wat in die vakjoernaal, Nature Communications, gepubliseer is.

Die navorsers het lug wat in lugborreltjies in die kwarts vasgevang is, ondersoek en vasgestel dat dit elemente soos variasies van Xenon bevat, wat nie natuurlik op die aarde voorkom nie.

Hieruit is dit duidelik dat die oorspronklike atmosfeer, na dit gevorm het, deur atmosfeer van elders aangevul moes gewees het. Komete blyk die mees geskikte kandidate te wees.

Lees die volledige artikel in Sci News by https://www.sci-news.com/geology/comets-earths-atmosphere-04881.html

Grafika: Die vroeë aarde word deur komete gebombardeer. Illustrasie, Nasa

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button