SportSport

April se Sporster- nominasies

Vaalweekblad se Sportster van Jaar-kompetisie is aan die gang en met borge soos NWU Vaal, Slater Health Group, IFM 102.2, SportsMAX, Parktoere, Ingwe en Cam Connection aan boord gaan die glansgeleentheid wat op 26 November in Vanderbijlpark by die Quest Conference Centre gehou word, iets wees om te beleef. Aanlyn inskrywings open eersdaags, so hou …

Vaalweekblad se Sportster van Jaar-kompetisie is aan die gang en met borge soos NWU Vaal, Slater Health Group, IFM 102.2, SportsMAX, Parktoere, Ingwe en Cam Connection aan boord gaan die glansgeleentheid wat op 26 November in Vanderbijlpark by die Quest Conference Centre gehou word, iets wees om te beleef. Aanlyn inskrywings open eersdaags, so hou Vaalweekblad en Ster dop vir meer hieroor.
Hier is April se nominasies: Nicole Louw (HS Sasolburg): verwerf ’n goue medalje in die 3000m en silwermedalje in die 1500m tydens die ASA Atletiekbyeenkoms.
Michaela Louw (HS) Sasolburg verwerf ’n silwer medalje in 5000m by die Gauteng-Noord Atletiekbyeenkoms. Atlete van Fakkelskool wat deelgeneem het aan Vrystaat LSOB in Bloemfontein en 11 goud-, 9 silwer- en 6 bronsmedaljes verwerf het, is: Pontsho Lehoai, Lesego Ntsabele, Kgomotoso Khumalo, Sapelo Mokoa, Tumelo Moshosho, Loreal Motiea, Mphumelelo Achuse, Tiaan Estrehuizen, Kulansande Khumalo, Kamohelo Mlanheni, Albert Roberts, Mpho Nnete, Lebo Tantiso, Nthokozo Mbongo, Tokelo Mokoena, Renier van Jaarsveld, Silvester Mlombi, Nthabiseng Roberst en Gawie van Zyl.
Anrich Botes (LS Midvaal): verwerf ’n tweede plek in gewigstoot tydens SA Kampioenskap. Tyler Skudder (LS Midvaal) verwerf ‘n tweede plek in die diskus en ‘n vierde plek in gewigstoot.
Wernich Human (HS Transvalia): neem deel aan die NWU PUK Super 16-byeenkoms en verwerf ‘n silwer medalje in spiesgooi. Megan van Rooyen (HS Driehoek): verwerf ‘n silwer medalje in die driesprong en ‘n bronsmedalje in verspring tydens die SA Kampioenskap. Jonathan de Lacey Lacey (Vereeniging Gimnasium) verbeter die ASA gewigstoot-rekord. Nicole Louw (HS Sasolburg): verwerf goud in die 800m en 1500m tydens die SA Kampioenskap. Ofentse Mothibi (Suncrest High): verwerf goud vir hoogspring s.o/17. Phelani Maduwe (Vereeniging Gimnasium) verwerf silwer in die 1500m vir s.o/17.
Die HTS Sasolburg neem deel aan AGN Prestige College Top 10 atletiekbyeenkoms in Pretoria en breek vier byeenkomsrekords: Teboho Molibeli s.o/19 driesprong, Tshegofatso Thlabang s.o/15 driesprong, JC Schultz s.o/16 hamergooi en Leroy Mosia s.o/14 hamergooi. Sheré Janse van Rensburg (HS Transvalia): verwerf goud in die 100m en 200m tydens die ASA Junior en Jeug Kampioenskappe. Jacques Stolz jnr (HS Sasolburg): verwerf goud vir paalspring. Marinda Greyling (HS Sasolburg) verwerf goud in hamergooi tydens SA Kampioenskap. Bianca Bezuidenhout (HS Overvaal) verwerf goud in die driesprong vir d.o/15. Frank Sebeho (HTS Sasolburg) verwerf silwer in verspring vir s.o/19. Terrence Janse van Vuuren verwerf ’n silwer medalje in hamergooi en in die Top 50, Teboho Molibeli verwerf goud in driesprong en is tans die beste driesprong atleet in SA. Carel Haasbroek is as beste veldatleet aangewys by die byeenkoms.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button