NewsNews

Taxibestuurders ontwrig verkeer op N1 en N12

Die N1 se Allendale-afrit en New Road-afritte is gesluit asook Brakfontein en Buccleuch weens taxi’s wat die pad blokkeer. Verder is Daspoort-tonnel, DF Malan, Soutpansbergweg, Visagiestraat en Kerkstraat ook gesluit. Volgens Twitter-verbruikers is die R21, R55 en Ou Johannesburgweg ook nie toeganklik nie. Die Herald se suster koerant Vaalweekblad berig dat die N1 se Allendale-afrit …

Die Herald se suster koerant Vaalweekblad berig dat die N1 se Allendale-afrit en New Road-afritte is gesluit asook Brakfontein en Buccleuch weens taxi’s wat die pad blokkeer. Verder is Daspoort-tonnel, DF Malan, Soutpansbergweg, Visagiestraat en Kerkstraat ook gesluit. Volgens Twitter-verbruikers is die R21, R55 en Ou Johannesburgweg ook nie toeganklik nie.

Daar is gister ‘n waarskuwing uitgereik deur die Tshwane- en Johannesburg-metropolisie dat die staking vandag plaasvind.

Die staking gaan oor die hoë koste van minibustaxi-aankope. Taxi’s gaan van vroegoggend uit verskeie rigtings in Gauteng na die kantoor van die South African Taxi Finance in Kerkstraat, Midrand, beweeg en om 10:00 hul beswaar aan die direkteurs van die maatskappy oorhandig.

‘n Soortgelyke protesaksie is onlangs in Durban geloods.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button