NewsNews
Sterf aan kanker
Nog ’n bekende Parysenaar, Dennis Dedwith (65), is op 11 Junie na ‘n kort siekbed van twee maande aan kanker oorlede. ‘n Roudiens word op Maandag 19 Junie om 14:00 vanuit die Northfield Methodist Church in Benoni gehou. Dennis laat sy vrou Engela, kinders Elize, Dough en Jeani, en vyf kleinkinders agter. Hy is ’n …
Nog ’n bekende Parysenaar, Dennis Dedwith (65), is op 11 Junie na ‘n kort siekbed van twee maande aan kanker oorlede. ‘n Roudiens word op Maandag 19 Junie om 14:00 vanuit die Northfield Methodist Church in Benoni gehou.
Dennis laat sy vrou Engela, kinders Elize, Dough en Jeani, en vyf kleinkinders agter.
Hy is ’n oudleerling van Hoërskool Parys en was lank verbonde aan die destydse National Bolts (BASA). Dennis en sy gesin het na Boksburg verhuis nadat National Bolts sy deure in Parys gesluit het. Hierna het hy sy eie onderneming begin.
Dennis het ’n groot liefde vir boerdery gehad en sy boerderybelange uitgebrei oor die distrikte van Parys, Vredefort, Sasolburg en Heilbron.
You can read the full story on our App. Download it here.