NewsNews

Anné praat ’n wenplek los vir VS

Anné Krüger het die afgelope week gesorg vir geskiedenis vir Parys toe sy as die Vrystaatse wenner in die graad 6-7 afdeling aangewys is vir vanjaar se ATKV redenaarskompetisie. Dit is sover bekend die eerste keer dat ’n  leerling van Parys Primêre skool dié prestasie vir die landwye redenaarskompetisie behaal. Die Vrystaat-finaal is op 9 …

Anné Krüger het die afgelope week gesorg vir geskiedenis vir Parys toe sy as die Vrystaatse wenner in die graad 6-7 afdeling aangewys is vir vanjaar se ATKV redenaarskompetisie. Dit is sover bekend die eerste keer dat ’n  leerling van Parys Primêre skool dié prestasie vir die landwye redenaarskompetisie behaal.
Die Vrystaat-finaal is op 9 Junie by die Hoërskool Sentraal gehou.
Anné sal nou op 10 Augustus by ATKV Goudini Spa in Worcesters aan die landwye finaal van die kompetisie deelneem.
By die provinsiale uitdunne was haar onvoorbereide tema, “Goeie maniere is belangrik” Die tema van haar voorbereide toespraak was, “Dit krap my as ouers tieners nie toelaat om op hul eie voete te staan nie.”
Wanneer Anné aan die landwye finaal gaan deelneem sal sy naas haar voorbereide toespraak van 4-6 minute, ook weer ’n  onvoorbereide toespraak moet lewer van 2-4 minute waarvoor net 90 minute voorbereidingstyd toegelaat word.
Anné het met die uitsondering van 2014 nog elke jaar wat sy redenaars doen, die Vrystaat-finaal gehaal en telkens onder die top 10 redenaars in die Vrystaat in haar kategorie geëindig.
Die doel van die ATKV redenaars-kompetisie is om Afrikaans onder die jeug te bevorder en leerders te bemagtig om in Afrikaans ’n  leidende rol te speel.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button