NewsNews
20 jaar tronkstraf vir moord op kleuter
Netwerk24 berig dat ‘n man wat ‘n kleuter in 2015 dood geslaan het, in Klerksdorp tot 20 jaar tronkstraf gevonnis is. Illustration photo Netwerk24 berig dat ‘n man wat ‘n vyfjarige dogtertjie in 2015 dood geslaan het, in Klerksdorp tot 20 jaar tronkstraf gevonnis is. Volgens sers. Kelebogile Moleko, polisiewoordvoerder, is die polisie op die oggend van …
Netwerk24 berig dat ‘n man wat ‘n vyfjarige dogtertjie in 2015 dood geslaan het, in Klerksdorp tot 20 jaar tronkstraf gevonnis is.
Volgens sers. Kelebogile Moleko, polisiewoordvoerder, is die polisie op die oggend van 30 Desember 2015 na die huis in die Boitumelong-township, naby Bloemhof uitgeroep. Met aankoms, het die kleuter se ma gesê haar kêrel het die meisie met onder meer ’n gordel aangerand. Hy was glo kwaad omdat sy die bank natgemaak het. Hy het haar ook teen die vloer gegooi,” vertel Moleko.
Sy is dood op die toneel verklaar nadat nooddienste daar aangekom het. Haar ma het probeer keer, maar sy is ook aangerand.
You can read the full story on our App. Download it here.