Fietsryer dood na tref en trap
‘n Fietsryer is Sondagaand omstreeks 18:30 op die Schoemansdriftpad raak gery. FOTO: ER24 ‘n Fietsryer is Sondagaand omstreeks 18:30 op die Schoemansdriftpad raak gery. Die bestuurder van die voertuig het na bewering die toneel verlaat voor enige nooddienste daar kon kom. Paramedici van ER24 het op die toneel gekom waar hulle die man in die pad …

‘n Fietsryer is Sondagaand omstreeks 18:30 op die Schoemansdriftpad raak gery.
Die bestuurder van die voertuig het na bewering die toneel verlaat voor enige nooddienste daar kon kom.
Paramedici van ER24 het op die toneel gekom waar hulle die man in die pad ‘n paar meter van sy fiets af gevind is.
“Ongelukkig was daar niks wat paramedici vir die man kon doen nie, waarna die man dood op die toneel verklaar is,” het Werner Vermaak, ER24 woordvoerder, gesê.
Volgens Kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, is ‘n man kort na die voorval in hegtenis geneem op aanklag van strafbare manslag.
“Die verdagte behoort vandag (12 Junie) in die hof te verskyn,” het Chaka gesê.
Die waarnemende stasiebevelvoerder, Kol. Myburgh het die beamptes geprys oor hoe vinnig hulle die verdagte kon vastrek.



