NewsNews

Knysna Brande, hoe kan jy help?

  Die Wes-Kaap is sedert 7 Junie in groot nood gedompel ná storm- en brandskade. Kaapstad en omliggende gebiede het die kwaaiste storm in 30 jaar beleef terwyl die tuinroete naby Knysna afbrand. Ongeveer 77 000 inwoners van Knysna moes hulle huise ontruim. Hartverskeurende verhale van mense wat in oomblikke moes besluit wat die belangrikste …

 

Die Wes-Kaap is sedert 7 Junie in groot nood gedompel ná storm- en brandskade. Kaapstad en omliggende gebiede het die kwaaiste storm in 30 jaar beleef terwyl die tuinroete naby Knysna afbrand.

Ongeveer 77 000 inwoners van Knysna moes hulle huise ontruim. Hartverskeurende verhale van mense wat in oomblikke moes besluit wat die belangrikste besittings sou wees wat hulle moes saamneem wanneer ‘n leeftyd se herinneringe in ‘n oomblik agtergelaat en vernietig word.

Wat kan Parysenaars doen om te help?

Deur aanlyn op Pick ‘n Pay se webwerf (https://goo.gl/5VrygS) items te koop kan dit direk geskenk word aan die slagoffers van die brande. Besoek gerus hulle webtuiste om donasies te maak en hou Facebook-blaaie dop vir ander aflaaipunte waar donasies en skenkings van klere, komberse, nie-bederfbare produkte, ensovoorts afgelewer kan word.

In Potchefstroom kan donasies vir die slagoffers afgegee word voor die Cell C winkel in die Mooirivier Mall, die koerierdiens, DHL, sal dit dan Knysna toe vervoer.

 

Related Articles

Back to top button