NewsNews

Knysna Brande, hoe kan jy help?

  Die Wes-Kaap is sedert 7 Junie in groot nood gedompel ná storm- en brandskade. Kaapstad en omliggende gebiede het die kwaaiste storm in 30 jaar beleef terwyl die tuinroete naby Knysna afbrand. Ongeveer 77 000 inwoners van Knysna moes hulle huise ontruim. Hartverskeurende verhale van mense wat in oomblikke moes besluit wat die belangrikste …

 

Die Wes-Kaap is sedert 7 Junie in groot nood gedompel ná storm- en brandskade. Kaapstad en omliggende gebiede het die kwaaiste storm in 30 jaar beleef terwyl die tuinroete naby Knysna afbrand.

Ongeveer 77 000 inwoners van Knysna moes hulle huise ontruim. Hartverskeurende verhale van mense wat in oomblikke moes besluit wat die belangrikste besittings sou wees wat hulle moes saamneem wanneer ‘n leeftyd se herinneringe in ‘n oomblik agtergelaat en vernietig word.

Wat kan Parysenaars doen om te help?

Deur aanlyn op Pick ‘n Pay se webwerf (https://goo.gl/5VrygS) items te koop kan dit direk geskenk word aan die slagoffers van die brande. Besoek gerus hulle webtuiste om donasies te maak en hou Facebook-blaaie dop vir ander aflaaipunte waar donasies en skenkings van klere, komberse, nie-bederfbare produkte, ensovoorts afgelewer kan word.

In Potchefstroom kan donasies vir die slagoffers afgegee word voor die Cell C winkel in die Mooirivier Mall, die koerierdiens, DHL, sal dit dan Knysna toe vervoer.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button