CommunityPhoto Galleries

Hier word daar gehekel en gekuier

Hulle noem hulself ‘Die La Vie Hookers’ sê hulle met ’n vonkel in die oog. Die sowat 20 vroue wat elke week hier op die stoep van La Vie & Rose in die hoofstraat van Parys sit en hekel. Hier word nie klas gegee nie – hier word gehekel vir ‘n vale, gekuier, idees geruil …

Hulle noem hulself ‘Die La Vie Hookers’ sê hulle met ’n vonkel in die oog. Die sowat 20 vroue wat elke week hier op die stoep van La Vie & Rose in die hoofstraat van Parys sit en hekel.
Hier word nie klas gegee nie – hier word gehekel vir ‘n vale, gekuier, idees geruil en hand bygesit waar raad nodig is. Of jy kán hekel of jare lank al hekel – dié kuier is vir enigeen wat ’n liefde het vir naaldwerk.
Verlede Woensdag was daar boonop ’n beloning vir van die vroue met die wenners van Rina van Heerden se Threads for Africa kombershekel-kompetisie, wat aangewys is.
Die wenners was Ananda van der Schyff (1ste), Corien Pretorius (2de), Sanet Walters (3de) en Tersia Loubser (4de). Vir baie van die vroue was dit hul eerste projek en is daar met die beoordeling van die komberse veral na die verskeidenheid van steke en kleure gekyk. Annelien Joubert en Susan Visagie het die moeilike taak gehad om die kunswerke te beoordeel.  Die stoephekel word nou al vir byna vier jaar gedoen en jy kan nie anders as om te sien dat hekel hier nie net ’n stokperdjie is nie, maar ’n kuns.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button