NewsNews

Sterilisasie uitreikprogram ’n eerste vir die VS

Die eerste sterilisasie uitreikprogram in die Vrystaat is verlede Vrydag in Parys by die plaaslike DBV begin, en is deur talle inwoners ondersteun. Dié projek wat moontlik gemaak is danksy ’n  gekwalifiseerde veearts van Potchefstroom, dr. Elize van der Merwe, bygestaan deur verskeie ander veeartse en studente, is vir ’n jaar goedgekeur vir die Parys …

Die eerste sterilisasie uitreikprogram in die Vrystaat is verlede Vrydag in Parys by die plaaslike DBV begin, en is deur talle inwoners ondersteun.
Dié projek wat moontlik gemaak is danksy ’n  gekwalifiseerde veearts van Potchefstroom, dr. Elize van der Merwe, bygestaan deur verskeie ander veeartse en studente, is vir ’n jaar goedgekeur vir die Parys DBV tot einde Mei 2018.
Die projek behels dat sterilisasies van honde en katte op die DBV-perseel gedoen word, en hoewel nie gratis nie, word die koste volgens die troeteldiereienaar se inkomste bereken en begin vanaf R150. Die rede waarom dit nie gratis gedoen word nie, is juis om seker te maak diere-eienaars neem steeds verantwoordelikheid vir hul diere, maar dat dit bekostigbaar is vir alle troeteldiereienaars wat R4 500 en minder per maand verdien, en nie gewone veearts-tariewe kan bekostig nie. Die nood vir die projek is lank reeds deur die DBV raakgesien met die DBV-hokke wat net al voller word, dikwels as gevolg van ongewenste diere.
Vrydag is reeds 30 diere gesteriliseer en Dinsdag 4 Julie sal die span weer die Parys DBV besoek vir sterilisasies.
Na ’n  vorige poging om die projek van stapel te stuur nie van die grond af kon kom nie, het DBV-fondsinsamelaar, Amelia van Zyl, alles in haar vermoë gedoen om die projek tog te laat slaag, en het dr. Van der Merwe as deel van haar uitreik na die gemeenskap, betrokke geraak by die projek.
Daar is tot dusver reeds 300 aansoeke vir sterilisasies by Parys DBV ontvang. Troeteldiereienaars moet eers aansoek doen vir die sterilisasies by die DBV. Wanneer jy aansoek doen moet jy ’n  bewys van inkomste by wyse van ’n  betaalstrokie of drie maande se bankstate, of dan ’n  Sassa-kaart sowel as ’n afskrif van jou ID saamneem.  Net mense wat reeds betaal het sal gekontak word vir ’n  afspraak volgens die aansoekdatum. Naas die sterilisasies word die diere ook ondersoek en geëent.

Related Articles

Back to top button